SEWES RUGBY: Blitsbokke as wêreldkampioene gekroon nadat hulle koning kraai in Los Angeles

Die Blitsbokke is nou amptelik die sewes wêreldkampioene na ’n puik vertoning in Los Angeles nadat hulle Spanje in die eindstryd met 19 – 5 getroef het. Die Suid-Afrikaners het die hele naweek skitterend verdedig en Philip Snyman se troepe het slegs agt drieê in hul vyf wedstryde afgestaan. In die eerste groepronde-wedstryd het hulle Frankryk met 19 – 10 uitgestof en daarna die onvoorspelbare Groot Brittanje met 12 – 7 in die tweede wedstryd gestuit. Argentinië – wat die wenner van die ligafase was en bo-aan die puntelys geëindig het na afloop van die sesde toernooi in Singapoer – het met 21 – 29 die onderspit gedelf en in die halfeindronde het die Bokke gate deur Nieu-Seeland gehardloop en die Swart Truie met 26 – 5 uit die pad gevee. Die Blitsbokke se kaptein Selvyn Davids is ook as die Speler van die Eindstryd aangewys. *In die SABeker-reeks het die Cheetahs die Grens in die Vrystaat Stadion verniel en die Bulhonde met 106 – 7 te pletter geloop. Die Vrystaters pak eerskomende naweek hul buurman en die verdedigende kampioen die Griekwas in Kimberley met diè wedstryd wat om 14:00 in die Diamantstad afskop.







Comments