SEWES RUGBY: Springbok vroue mik om sterk in Pole te eindig
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Apr 9, 2025
- 1 min read
Die Springbok-vroue-sewesspan het in Krakow geland vir die laaste been van die HSBC Sewes-uitdaagreeks en vasbeslote om voort te bou op hul sterk vertoning in die openingstoernooie in Kaapstad. Tans tweede op die punteleer kyk hulle na ‘n top-vier-einde om te kwalifiseer vir die HSBC SVNS-eindstryd in Los Angeles waar hulle dit sal uitspook met die onderste gekeurde spanne van die hoof Wêreld-reeks. Zintle Mpupha sê die span is gefokus, goed voorbereid en gemotiveerd om te verbeter maar veral om meer klinies te wees. Terug van skorsing is Mpupha gretig om haarself te bewys en die span te help om ‘n oortuigende vertoning te lewer teen moeilike groep-teenstanders Tsjeggië en die gasheer Pole.






Comments