top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Sharpeville-inwoners sluit buitelanders se spaza-winkels

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 18, 2024
1 min read

’n Gemeenskapsleier van Sharpeville, naby Vanderbijlpark en Vereeniging, sê inwoners het alle spaza-winkels in die township wat deur buitelandse burgers besit word, gesluit. Eye Witness News berig dat die situasie deur die polisie dopgehou word nadat winkels Donderdag in die gebied geplunder is. Volgens Sharpeville-gemeenskapleier Jacob Matlaletsa is die inwoners ontstoke oor die goeiende aantal winkels in buitelandse besit in die gebied. Hy voeg by dit is ‘n ernstige probleem en hulle het nie die mense daar nodig nie, en dat alle buitelanders die dorp moet verlaat. Die spaza-winkels word glo gemonitor om te verseker dit bly gesluit.

 
 
 

Comments


bottom of page