Shell sê sy plaaslike bedrywighede is stabiel
- Saamgestel deur Jana Roos

- May 31
- 1 min read
Shell Suid-Afrika het die publiek verseker dat sy plaaslike bedrywighede stabiel is, ondanks veranderinge wat plaasvind.
Shell se voorsitter in Suid-Afrika, Aluwani Museisi, het verwys na onderbrekings in die wêreldwye voorsiening van brandstof, wat veroorsaak is deur die konflik in die Midde-Ooste, en die sluiting van die Straat van Hormuz.
SABC-nuus berig hy sê Shell is 'n netto invoerder en dus nie vrygestel van wêreldwye skokke nie. Die energiereus is na bewering in gevorderde gesprekke om sy Suid-Afrikaanse bates te verkoop - insluitend sowat 600 vulstasies. Die multimiljard randse ooreenkoms met die Abu Dhabi Nasionale Oliemaatskappy word op sowat 16-komma-4 miljard rand geraam.








Comments