Shivambu begin sy eie politiese beweging
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 20, 2025
- 1 min read
Die uitgeskopte sekretaris-generaal van die MK-party, Floyd Shivambu, gaan 'n nuwe politieke beweging begin.
Hy hou egter voet by stuk hy gaan nie die MK-party verlaat nie.
Dit kom nadat Shivambu die trekpas as sekretaris-generaal van die MK-party gegee is. Hy sou as 'n lid van die parlement in die Nasionale Vergadering ontplooi word, maar dit het nog nie gebeur nie.
LEES MEER:
Netwerk24 berig Shivambu se beplande politieke beweging gaan vir die volgende paar maande wyd na Suid-Afrikaners luister, en dan besluit of dit nodig is om nog 'n politieke party te stig.
Shivambu sê geen mens met selfrespek sal hulle by die ANC of EFF aansluit nie. Hy sê die ANC is rigtingloos, weet nie wat hulle doen nie en werk saam met die wit stelsel, en volgens hom is die EFF 'n “kultus”.







Comments