Shivambu kry trekpas uit MK-party

Jun 4, 2025
1 min read
Floyd Shivambu is uit sy rol as die sekretaris-generaal van die MK-party verwyder.
Die party het die aankondiging tydens ‘n mediakonferensie gemaak.
Dit volg nadat Shivambu oor Paasfees na Malawi gereis het om dienste by die voortvlugtige pastoor, Shepherd Bushiri, se kerk by te woon.
Die MK-party sê die besoek het die party se grondwet geskend en die beeld van die organisasie in gedrang gebring. Shivambu is na die parlement herontplooi.








Comments