top of page

Shivambu nie op lys van MKP-LP’s nie

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jun 23
  • 1 min read

Floyd Shivambu se naam verskyn nie op die lys van die MK-party se nuwe LP’s nie.

Netwerk24 berig spanning heers tans tussen Shivambu en oud-president Jacob Zuma van die MK-Party nadat Zuma Shivambu as sekretaris-generaal verwyder het weens sy besoek aan die profeet Shepherd Bushiri, wat deur Suid-Afrikaanse owerhede gesoek word, in Malawi vroeër vanjaar.

Shivambu het verdere petrol op die vuur gegooi toe hy tydens ‘n mediakonferensie in Midrand aangekondig het dat hy ‘n nuwe politieke beweging gaan begin.

 
 
 

Comments


bottom of page