Sibiya se saak is uitgestel

Die geskorste adjunk-nasionale polisiekommissaris, luitenant-generaal Shadrack Sibiya, het in die Randburg-landdroshof in Gauteng verskyn op aanklagte van verkragting, seksuele aanranding en mensehandel.
Die saak is tot 29 September uitgestel.
Die DA is van mening dat Sibiya nie in die Suid-Afrikaanse Polisiediens kan aanbly indien hy skuldig bevind word nie.
Die party sê die polisie kan nie vroue en kinders op geloofwaardige wyse beskerm tensy daar beslissend opgetree word wanneer beamptes met ernstige bewerings gekonfronteer word nie.
Intussen sê die Minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, die Presidensie sal eers kommentaar lewer nadat die ondersoeke afgehandel is en bewyse in die hof voorgelê is.
Sy sê die saak moet aan die polisie oorgelaat word om te hanteer, aangesien kommentaar die ondersoek in gevaar kan stel.








Comments