Siemens-moordenaar hoor eersdaags oor vonnisverrigtinge
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 19, 2025
- 1 min read
Die baasbrein agter die sluipmoord op Louis Siemens, in lewe besturende direkteur van die CityMed-daghospitaal in Bloemfontein, sal na verwagting oor ‘n week hoor wanneer sy vonnisverrigtinge gaan begin.
Netwerk24 berig die voorverhoor van Stanley Bakili is met ‘n week uitgestel om kans te gun vir die hofrekord om uitgesorteer te word.
Dit kom nadat Bakili se regsverteenwoordiger, adv. Frans Dlamini, aangedui het die hofrekord is onvolledig en hy nie daarsonder vir die vonnisverrigtinge kan voorberei nie.
Hierteenoor het die staat se adv. Tammy McPherson gesê die hofrekord is nié onvolledig nie, maar bloot nie in volgorde nie.
Bakili is in April verlede jaar op ses aanklagte in verband met die moord op Siemens op 10 Mei 2018 in die Prellerplein-winkelsentrum in die stad skuldig bevind, en het sedertdien verskeie pogings aangewend om sy vonnisverrigtinge te vertraag.







Comments