top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die premier swyg oor die Valke se junior-aanstelling om haar te ondersoek

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 44 minutes ago
  • 1 min read

Die kantoor van die Vrystaatse premier sê dit sal onvanpas wees om kommentaar te lewer oor interne prosesse rakende die aanstelling of verwydering van ondersoekbeamptes van die Valke.


Netwerk24 berig dit was premier MaQueen Letsoha-Mathae se reaksie op berigte dat die Valke ná twee jaar ’n junior ondersoekbeampte aangewys het om klagte van korrupsie teen haar te ondersoek.


Rosestad-nuus het vroeër berig die senior ondersoeker wat vervang is, word intussen self intern ondersoek, hoewel die aard van die ondersoek nie bekend gemaak is nie.


Letsoha-Mathae se woordvoerder, Mpho Sikisi, sê die premier bly verbind tot die onafhanklikheid van wetstoepassingsagentskappe en behoorlike regsprosesse.


MaQueen Letsoha-Mathae. FOTO: Facebook
MaQueen Letsoha-Mathae. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page