top of page

Siemens se moordenaar hou ná sewe jaar vol hy is onskuldig

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Sep 9
  • 1 min read

'n Besturende direkteur van die CityMed-daghospitaal in Bloemfontein, Louis Siemens, se moordenaar, Stanley Bakili, hou ná sewe jaar steeds vol hy is nie skuldig aan die moord nie.

Netwerk24 berig hy het Maandag in die hooggeregshof hier weer ontken dat hy Siemens die middag van 10 Mei 2018 in die kelderverdieping van die Prellerplein-winkelsentrum laat vermoor het.

Die man wat die sneller getrek het, Xolisile Mbebetho, dien reeds 22 jaar tronkstraf uit nadat hy vroeër skuld op die moord beken het. Hy het ook teen van sy medebeskuldigdes getuig.

Bakili het tydens getuienis ter strafversagting nie een keer gesê dat hy berou het nie. Op 'n vraag van die staatsaanklaer, Johan de Nysschen, of hy die misdade berou waaraan hy skuldig bevind is, het hy gesê De Nysschen sit woorde in sy mond, en hy “wil nie op die meriete van die saak ingaan nie en aanvaar die hof se beslissing”.

Die vonnisverrigtinge word Dinsdag hervat.

 
 
 

Comments


bottom of page