top of page

Siggestremdes voel die regering laat hul in die steek

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Nov 19
  • 1 min read

Mense met siggestremdhede in Suid-Afrika voel toenemend gefrustreerd en in die steek gelaat deur die regering.


Dit omdat die regering steeds versuim om die Marrakesj-verdrag te bekragtig, ondanks meer as ʼn dekade se beloftes en ʼn duidelike uitspraak van die Konstitusionele Hof.


Maroela Media berig dit beteken dat blindes en ander siggestremdes steeds nie toegang tot miljoene boeke, wat wêreldwyd beskikbaar is, het nie.


Die Marrakesj-verdrag is in 2013 deur Suid-Afrika aanvaar, maar noodsaaklike stappe om dit in werking te stel is nog nie gedoen nie.


President van Blind SA, Christo de Klerk, sê die uitgestelde bekragtig is niks minder as ‘n skande nie.


Hy voeg by blindes kan nie langer van die wêreld van kennis uitgesluit word nie.


Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media
Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media


Comments


bottom of page