top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Sigprobleme kniehalter vrystelling van Elton John album

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 26, 2024
1 min read

Die “Rocketman”-sanger, Elton John, het in ʼn onlangse onderhoud met die Amerikaanse nuusprogram Good Morning America vertel dat hy tans, weens ernstige sigprobleme, sukkel om sy nuwe album te voltooi. Hy werk glo al sedert verlede jaar aan die album. Maroela Media berig die sanger het hoofsaaklik oor sy nuwe dokumentêre rolprent Elton John: Never Too Late gesels, en gesê dat hy die afgelope vier maande nie uit sy regteroog kon sien nie, en dat sy linkeroog weens ‘n ernstige ooginfeksie nie die beste is nie. Volgens hom kan hy nie in die ateljee gaan om op te neem nie aangesien hy nie die lirieke kan sien nie. Hy het bygevoeg dat hy hoopvol is maar dat hy vasgevang voel. Sy laaste vollengte album van nuwe, oorspronklike musiek is in 2016 bekendgestel.

 
 
 

Comments


bottom of page