Simelane beantwoord moeilike vrae
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 2 hours ago
- 1 min read
Die voormalige hoof van vervolging, Menzi Simelane, het aan ’n onderhoudspaneel erken hy het vroeër geweier om Bosasa-verwante vervolgings goed te keur.
Simelane is byna vier uur lank ondervra in sy poging om as hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag terug te keer.
Hy is uitgevra oor sy bykans drie jaar lange termyn wat in 2012 geëindig het toe die Konstitusionele Hof sy aanstelling deur oud-president Jacob Zuma ongeldig verklaar het.
Simelane is ook oor die ontbinding van die Skerpioene uitgevra.






Comments