top of page

Sir David Attenborough vier 100 jaar op Planeet Aarde

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Feb 20
  • 1 min read

Sir David Attenborough se 100ste verjaardag sal met drie spesiale televisieprogramme en ‘n regstreekse viering by die Royal Albert Hall saam met die BBC-konsert-orkes herdenk word.


Die BBC berig Attenborough se verjaardag op 8 Mei sal gevier word met ‘n week se uitsendings van nuwe en ou programme deur die geliefde aanbieder.


Die hoof van spesialis-feiteprogramme by die BBC, Jack Bootle, sê Attenborough se programme het nie net die uitsaai van wetenskap en natuurgeskiedenis gedefinieer nie, maar ook verander hoe ons die planeet en ons plek daarop sien.


Sir David Attenborough. FOTO: BBC
Sir David Attenborough. FOTO: BBC

 
 
 

Comments


bottom of page