Sir David Attenborough vier 100 jaar op Planeet Aarde
- Saamgestel deur Ilde Roos

- May 8
- 1 min read
Sir David Attenborough het gesê hy is “heeltemal oorweldig” deur die boodskappe wat hy ontvang het voor sy 100ste verjaardag.
Die veteraan-uitsaaier en omgewingskundige vier die mylpaal Vrydag 8 Mei, met ’n spesiale konsert wat by die Royal Albert Hall in Londen beplan word.
Die BBC berig in ’n klankboodskap wat gister vrygestel is, het Sir David gesê hy het eintlik gedink dat hy sy 100ste verjaardag stilweg sou vier, maar dit lyk asof mense ander idees gehad het. Hy voeg by hy wil almal opreg bedank vir hul vriendelike boodskappe.
Die akteur Sir Ian McKellen voeg by dat Sir David alles verteenwoordig wat die beste van die BBC was, met ernstige programme wat vir ’n gewilde gehoor gemaak is.
Die vertoning by die Royal Albert Hall is die hoogtepunt van ’n week van spesiale geleenthede en uitsaaiprogramme ter ere van Sir David, wat in 1926 gebore is en in 1952 by die BBC aangesluit het.








Comments