top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Sisisi Tolashe kry die trekpas

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • May 15
  • 1 min read

Die minister van maatskaplike ontwikkeling, Sisisi Tolashe, uit haar amp verwyder. President Cyril Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, het dit Donderdag aangekondig.



Maroela Media berig intussen is die minister in die presidensie vir vroue, jeug en persone met gestremdhede, Sindisiwe Chikunga, as waarnemende minister in die portefeulje aangestel.


Daar was onlangs ernstige bewerings teen Tolashe; een daar van is dat ʼn voormalige huishoudelike werker glo verplig was om die helfte van haar salaris, wat deur die staat betaal is, aan Tolashe se dogter oor te betaal. Hieroor het Tolashe bloot gesê sy was nie bewus daarvan nie.


'n Ander bewering handel oor voertuie wat aan die ANC-vroueliga geskenk is, en na bewering in die minister se kinders se name geregistreer is.


Sisisi Tolashe. FOTO: Mail & Guardian
Sisisi Tolashe. FOTO: Mail & Guardian

 
 
 

Comments


bottom of page