Sitrusbedryf kan erg ly onder Trump se tariewe
- Armando Pieters

- Jul 9
- 1 min read
Indien Suid-Afrika nie ‘n handelsooreenkoms met die VSA kan bewerkstellig nie, kan die nuwe tariewe tot 35 000 werksverliese net in die plaaslike sitrusbedryf lei. So sê die hoof van die Sitruskwekersvereniging, Boitshoko Ntshabele.
Volgens Maroela Media het Amerika se president Donald Trump Pretoria ingelig dat sy uitvoere na die VSA vanaf 1 Augustus aan ʼn tarief van 30% onderwerp gaan word.
Die aankondiging is gedoen in ʼn vlaag briewe wat Maandag aan talle lande, ook bondgenote van die VSA, gestuur is.
President Cyril Ramaphosa sê die tarief is gegrond op ʼn spesifieke interpretasie van die handelsbalans tussen Suid-Afrika en die VSA en dit is onduidelik op watter interpretasie die Trump-administrasie sy nuwe tarief gegrond het.
Hierdie betwiste interpretasie vorm deel van die kwessies wat tans deur Suid-Afrika en die VSA se onderhandelingspanne oorweeg word.





Comments