Sitrusskille word teen diabetes aangewend
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jul 7
- 1 min read
Jong navorsers van die Universiteit van Pretoria ontwikkel 'n innoverende gesondheidsaanvulling wat sitrusskil-afval omskep in 'n moontlik kragtige hulpmiddel teen leefstylsiektes soos diabetes, vetsug en hoë cholesterol. Terselfdertyd verbeter dit ook die bekostigbaarheid en toeganklikheid van voorkomende gesondheidsprodukte vir lae-inkomstegemeenskappe.
Good Things Guy berig die NutraPectin-projek omskep sitrusverwerkingsafval in 'n pektienryke nutraseutiese produk deur gebruik te maak van groen onttrekkingstegnologie. Wanneer dit saam met kos ingeneem word, kan pektien help om die opname van suiker te vertraag, cholesterolvlakke te verlaag en dermgesondheid te ondersteun.
Sitrusskille, wat gewoonlik in groot hoeveelhede deur die sitrusbedryf weggegooi word, is ryk aan pektien en ander bioaktiewe verbindings wat herwin en vir nuwe doeleindes aangewend kan word.








Comments