Skaatsplankryers skaats duisende kilometers vir fondse
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Apr 14
- 1 min read
Drie skaatsplankryers is op ’n missie om Afrika se grootste skaatspark vir kinders te bou.
Jason, Isaac en Ephraim wil saam Uganda se eerste permanente skaatspark oprig. Good Things Guy berig om fondse in te samel, skaats hulle vanaf die hoofstad van Uganda tot in Kaapstad – meer 5 900 km op die pad.
Die trio se ambisieuse plan is om Afrika se grootste skaatspark te vestig, gebou saam met en vir die plaaslike gemeenskap.
Isaac, wat nou al vyf jaar skaats, sê skaatsplankry het hom ’n gemeenskap gegee wat soos familie voel. Sy droom is om skaatsplankry in Uganda en regoor Afrika te sien groei, met veilige ruimtes, mentorskap en internasionale verbintenisse, sodat die volgende geslag kan floreer.








Comments