top of page

Skeiding by bron-inisiatiewe sal help om afvalversameling te verbeter

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Feb 9
  • 1 min read

Volgens Polyco-uitvoerende beampte, Francois Marais, is skeiding by bron-inisiatiewe noodsaaklik om die versameling en herwinning van afval te verbeter. 


Marais het gepraat in ‘n onderhoud voor die Africa Green Economy-beraad, wat later vandeesmaand in Kaapstad plaasvind. 


Hy verduidelik dat afvalbestuursdienste nie altyd vir burgers beskikbaar is nie, wat lei tot ‘n kultuur van rommelstrooiing.


Marais sê dit is omdat mense in die meeste gevalle nêrens het om hul afval weg te gooi nie.


LUISTER HIER:

Francois Marais

Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page