top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Skietgeveg op Fouriesburg-plaas lei tot inhegtenisname

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Dec 18, 2024
  • 1 min read

'n Veiligheidswag is oorlede nadat daar geskiet is tydens 'n betreding op die plaas Marman in die Fouriesburg omgewing. Nuusflits berig die veiligheidswag is glo deur die verdagte geskiet, wat hom moontlik ontwapen het. Hy is met 'n skietwond in die nek en ammunisie langs hom aangetref. Meer boere het aangesluit en die verdagte gesoek. 'n Skietgeveg het ontstaan, waarin een boer in die heup getref is en die verdagte in die linkerbeen. Die verdagte is in hegtenis geneem en is tans onder polisiebewaking in 'n Bethlehemse hospitaal. Hy is op verskeie aanklagte, insluitend moord, poging tot moord, en die besit van 'n ongelisensieerde vuurwapen, in hegtenis geneem. Hy sal na verwagting in die Fouriesburg-landdroshof verskyn.

 
 
 

Comments


bottom of page