top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Skietvoorval lei tot sterfte en beserings onder polisiebeamptes

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 5, 2024
1 min read

Die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod) het bevestig dat dit ’n saak van strafbare manslag ondersoek nadat ’n polisiebeampte per ongeluk ’n kollega doodgeskiet en ’n ander beseer het. The Citizen berig ‘n gesamentlike Port Shepstone operasie van agt lede tussen verskillende eenhede het ’n persoon probeer op te spoor wat vermoedelik betrokke was by ’n huishoudelike dispuut. Terwyl die beamptes taktiese bewegings uitgevoer het, het ‘n polisiebeampte vermoed hulle word aangeval en het losgebrand. Een kollega is noodlottig gewond en die ander is na die hospitaal geneem.

 
 
 

Comments


bottom of page