Skikking ná listeriose-epidemie bereik

Die Departement van Gesondheid verwelkom Tiger Brands se besluit om die gesamentlike eis oor listeriose te skik. Volgens die staatskoerant bring die skikking verligting vir families wat geliefdes aan die uitbreking verloor het. Die siekte het in 2017 uitgebreek ná die verbruik van besmette polonie en Weense worsies. Meer as 820 mense is geraak en byna 220 is dood. Die betrokke produkte is by Tiger Brands se aanlegte in Polokwane en Germiston verwerk. Die Departement doen ’n beroep op mense met bewyse dat hul geliefdes daardeur oorlede is, om hul kliniese rekords beskikbaar te stel. Listeriose is behandelbaar, maar kan dodelik wees. Die uitbreking beklemtoon die belangrikheid van streng voedselveiligheid. Drie departemente en plaaslike regering bestuur gesamentlik voedselveiligheid in Suid-Afrika.








Comments