top of page

Skole kry 'n ekstra vakansiedag

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jan 3
  • 1 min read

Die nuwe skooljaar sal 200 skooldae oor die vier kwartale hê.


Die Departement van Basiese Onderwys het bevestig dat 28 dae vir skoolvakansies en openbare vakansiedae opsy gesit word, met 'n ekstra vakansiedag op 15 Junie.


Business Tech berig skole sal vir alle leerders op 14 Januarie oopmaak, terwyl onderwysers en administrateurs op 12 Januarie sal inklok. Die eerste kwartaal sal tot 27 Maart duur.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page