SKOLE RUGBY: Lamla Mgedezi is as SuperSport Skolerugby se Deurbraakspeler van die Jaar 2025 aangewys
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Oct 15
- 1 min read
Grey Kollege in Bloemfontein se ster-heelagter, Lamla Mgedezi, is as SuperSport Skolerugby se Deurbraakspeler van die Jaar 2025 aangewys.
Die 17-jarige Mgedezi het tydens vanjaar se Cravenweek uitstaande vertonings gehad met verskeie drieë vir die Vrystaat span, en dis juis hierdie vertonings wat sy plek in die Suid-Afrikaanse Skolespan verseker het.
Mgedezi het aan Netwerk24 gesê dat aan die begin van jaar het hy nog tweede span gespeel met groot doelwitte - om eerste span te speel, om ingelsuit te word in die Cravenweek span en uiteindelik die SA Skolespan te haal. Mgedezi sê dis alles te danke aan God se Genade.
Sy toekenning as Deurbraakspeler van die Jaar is 'n erkenning van sy harde werk, toewyding en talent op die veld. Die rugbygemeenskap sien uit daarna om te sien hoe hy sy loopbaan verder bou en moontlik in die toekoms vir die Springbokke sal speel.






Comments