Skoliere kan Suid-Afrika se eerste ruimte-gelukbringer ontwerp
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Aug 18
- 1 min read
Suid-Afrikaanse hoërskoolleerders kry die kans om Suid-Afrika se eerste amptelike ruimte-gelukbringer te ontwerp.
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Ruimteagentskap, Sansa, het die kompetisie van stapel gestuur.
Dit is oop vir Graad 8- tot 11-leerders by geregistreerde openbare, onafhanklike en tuisskole regoor die land.
Deelnemers moet teen middernag op 14 September ’n oorspronklike ruimtetema-ontwerp en ’n kort verduideliking aanlyn indien.
Geen vorige ontwerpervaring word vereis nie. Die wenontwerp sal professioneel ontwikkel word vir Sansa se skool- en openbare uitreikprogramme.







Comments