top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Skool gaan in April voort soos normaal

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Apr 24
  • 1 min read

Die Departement van Basiese Onderwys sê openbare skole sal van 28 tot 30 April met normale skoolonderrig voortgaan.


Dit kom nadat plasings op sosiale media voorgestel het dat skole volgende week vir die hele week gesluit sal wees. Die departement sê hierdie plasings is vals.


Die departement se Terence Khala sê die dae is nie openbare vakansiedae of deel van die skoolvakansie nie. Khala sê ouers, leerders en belanghebbendes word versoek om ongeverifieerde inligting te ignoreer en op amptelike bronne, insluitend die goedgekeurde skoolkalender, staat te maak.


LUISTER HIER:


Terence Khala

Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels

 
 
 

Comments


bottom of page