top of page

Skoolgeveg moontlik deur verbode middels veroorsaak

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Feb 5
  • 1 min read

Ouers beweer geweld by Hoërskool Centenary het ná ’n voorval in die skool se seunsbadkamer begin. News24 berig agt Graad 11-leerlinge by hierdie skool in KwaZulu-Natal het glo ’n Graad 8-leerling gedwing om dagga te rook. Nuusflits berig die geweld het by Hoërskool Centenary in Durban uitgebreek, en leerlinge is met beserings hospitaal toe geneem. Leerlinge is in ’n video sigbaar waar hulle ook buite die skool was. Volgens Ground Zero Search and Rescue is minstens drie leerlinge met beserings in hospitale opgeneem. Die KZN-onderwysdepartement se woordvoerder, Mlu Mtshali, veroordeel die voorval ten sterkste en sê daar word gewerk om kalmte te herstel. Beamptes is na die skool ontplooi, en daar is met ouers en ander rolspelers gesprekke gevoer.

 
 
 

Comments


bottom of page