top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Skoonheidskoningin se ma in Kaapstad aangekeer

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Feb 16, 2025
  • 1 min read

Die departement van Binnelandse Sake het die ma van die omstrede Nigeriese model en dié land se finalis in die Mejuffrou Heelal-kompetisie, Chidimma Adetshina, in Kaapstad in hegtenis geneem. SABC-nuus berig verder Adetshina was verlede jaar in die nuus toe sy haar as finalis aan die Mejuffrou Suid-Afrika-kompetisie onttrek het nadat dit aan die lig gekom het dat haar ma – ‘n Mosambiekse burger – moontlik aan identiteitsdiefstal en bedrog skuldig is. Sy en haar ma is toegang tot Suid-Afrika belet en hul Suid-Afrikaanse dokumente is teruggetrek. Adetshina se pa is ‘n Nigeriese burger. Ondersoekers van die departement van Binnelanse Sake het haar ma, Anabela Rungo, intussen by ‘n eiendom in Kaapstad opgespoor.

 
 
 

Comments


bottom of page