Skoor gaan op die land se watersektor fokus
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 4
- 1 min read
Die Staande Komitee oor Openbare Rekeninge (Skoor) sê hulle het besluit om vir die sewende parlementêre termyn op die land se watersektor te fokus. Volgens Skoor is dit omdat water ’n basiese reg is, en dit noodsaaklik is vir voedselsekerheid en industriële uitbreiding regoor die land. Die ouditeur-generaal het Skoor gister ingelig oor die Departement van Water en Sanitasie se oudituitkomste vir die 2023/24 fiskale tydperk. Volgens Skoor se voorsitter, sal die komitee verskeie kwessies met minister Pemmy Majodina bespreek wanneer hulle volgende week vergader. Hulle voeg by dié kwessies sluit in die bestuur van groot projekte, die tydige voorbereiding van finansiële state, asook projek- en kontrakbestuur.





Comments