Skote klap toe 'n motor 'n transitovoertuig van die pad af dwing op die N8
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 2
- 1 min read
‘n Groep rowers het met ‘n BMW in ‘n transitovoertuig vasgery om die voertuig van die pad af te dwing.
In die rooftog op die N8 tussen Botshabelo en Bloemfontein Dinsdagoggend het die bestuurder van die transitovoertuig beheer verloor en die voertuig het gerol.
Kort daarna het skote geklap en die verdagtes het in ‘n grys Toyota Hilux van die toneel in die rigting van Botshabelo met ‘n onbekende bedrag geld gevlug.
Volgens die Valke se Adjudant-Offisier Fekiswa Matoti ondersoek die Ernstige Misdaadondersoekeenheid die saak.
Bloemnuus berig Matoti sê niemand is nog in hegtenis geneem nie.
Lede van die Valke was teen die middag nog op die toneel besig met die ondersoek.
Intussen berig My City Bloemfontein die pad is oop nadat dit die hele dag gesluit was.





Comments