Skotland laat nou waterverassing toe
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 10h
- 1 min read
Skotland het die eerste land in die Verenigde Koninkryk (VK) geword waar watergebaseerde verassing nou wettig is. Die proses, genaamd alkaliese hidrolise, sal families ‘n derde opsie bied in plaas van begrafnis of tradisionele verassing.
Die BBC berig liggame word toegedraai in ‘n kleed van bioafbreekbare materiaal soos sy of wol voordat dit in ‘n drukkamer met warm water en chemikalieë geplaas word, wat ontbinding versnel.
Dit was ook die gekose metode van verassing van Aartsbiskop Desmond Tutu gewees.







Comments