top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Skrootmetaalhandel word nou verbied by alle stortingsterreine in die Mangaung-metro

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • May 12
  • 1 min read

Skrootmetaalherwinning en die handel in tweedehandse goedere word nou streng verbied by alle stortingsterreine in die Mangaung-metro.


Volgens ‘n kennisgewing van die Manguang Metro Munisipaliteit geld die besluit vir alle afvalherwinnaars, en is dit geneem ná konsultasies met verskeie departemente.


Die munisipaliteit sê die regulering van skrootmetaalhandel hou risiko’s in en is ook verbind met misdaad, insluitend geweld en onwettige aktiwiteite by stortingsterreine.


Inwoners wat nie aan die nuwe reëls voldoen nie, kan hul permitte verloor en toegang tot stortingsterreine geweier word.


Die stad se bestuurder, Sello Moore, doen ’n beroep op herwinnaars om die regulasies na te kom om veiligheid en orde by stortingsterreine te verseker.


Sello Moore. FOTO: The Citizen
Sello Moore. FOTO: The Citizen

 

 
 
 

Comments


bottom of page