Skrywer van die Siener van Rensburg-boeke is oorlede
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Nov 26
- 1 min read
Skrywer Adriaan Snyman is in die ouderdom van 87 in sy slaap oorlede.
Netwerk24 berig hy is veral bekend vir die boeke Stem van ‘n profeet en Boodskapper van God oor Siener van Rensburg.
Snyman het in 2001 saam met Chris Botha die sogenaamde Siener-toer deur Suid-Afrika onderneem om meer oor Van Rensburg en sy voorspellings te praat.
Hy het sy eerste kortverhaal gepubliseer toe hy net 18 jaar oud was.
Deur die jare het hy talle kortverhale, gedigte, 180 romans en jeugverhale onder sy eie naam en skuilname geskryf.






Comments