Skurke melk ‘n Vrystaatse munisipaliteit
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Mar 20
- 1 min read
Skokkende onthullings oor beweerde korrupsie en wanbestuur het in die Vrystaat na vore gekom.
Mail & Guardian berig dat die stadsbestuurder van die Maluti-a-Phofung-munisipaliteit, advokaat Mzwakhe Mofokeng, ’n diepgewortelde kultuur van korrupsie ontbloot het.
Hy sê onder meer dat gevangenes glo steeds deur die munisipaliteit betaal is, en dat ’n paroolganger as ’n bestuurder aangestel is - sonder om sy kriminele rekord bekend te maak. Sedert Mofokeng se aanstelling 14 maande gelede is 11 senior bestuurders reeds afgedank.
Hy voeg by die munisipaliteit het ook ’n buitensporige aantal bestuurders. Hy wys daarop dat daar 87 bestuurders is wat meer as R1,4 miljoen verdien, vergeleke met die Mangaung-metro se sowat 16 bestuurders.
Volgens Mofokeng melk kurke al lank dié munisipaliteit, maar voeg by hy weet hoe om met skurke te werk.








Comments