Slaggate hou ernstige gevaar vir motoriste in
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Nov 17
- 1 min read
Hoewel van die slaggate op die R59-pad in die Vrystaat verlede week herstel is, is daar groot en diep slaggate wat, met die swaar reën van die afgelope week, 'n ernstige gevaar vir motoriste inhou.
Volgens Parys Gazette was vyf voertuie Maandagoggend binne ‘n halfuur langs die pad gestrand.
Dit as gevolg van band- en wielvelling skade asook gekraakte windskerms.
‘n Inwoner van Parys, Louise Loots, was een van die motoriste wat langs die pad gestrand was.
Volgens haar is die gate op ‘n draai en daar is geen plek om uit te swaai nie.
Haar motor het ‘n slaggat net verby die Parys-vliegveld getref.
Noodherstelwerk aan dié pad tussen Parys en die N1 sal voortgaan sodra weertoestande dit toelaat.






Comments