Slagoffers van die Qumbu- massaskietery word ter ruste gelê

Oct 20, 2024
1 min read
Die Oos-Kaapse regering het gister ’n gesamentlike begrafnisdiens vir vier van die ses gemeenskapspatrolleerders wat verlede week in Qumbu gesterf het gehou. Die gemeenskapspatrolleerders is in ‘n massaskietery by ‘n plaaslike skool oorlede. Die ander twee patrolleerders sal vandag tot ruste gelê word. Die uitvoerende burgemeester van die Kumkani Mhlontlo-munisipaliteit, Mbulelo Jara, meen die skietery hou met veediefstal verband, en dat meer polisie na die gebied ontplooi sal word.








Comments