top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Slegs 6% van Vrystaatse vullisterreine voldoen aan minimum vereistes

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
6 days ago
1 min read

Slegs een van die 17 vullisterreine en oorlaaistasies wat vanjaar in die Vrystaat geoudit is, voldoen aan die minimum vereistes vir verantwoordelike afvalbestuur.


Volgens AfriForum se jongste oudit het dié terreine gemiddeld net 19% behaal, terwyl slegs twee ’n nakomingspunt van minstens 50% aangeteken het.


Die Bethlehem-vullisterrein was die enigste terrein wat aan die vereistes voldoen het. Sy telling het van 18% in 2022 tot 88% vanjaar verbeter.


In die Mangaung-metro het die Bloemfontein-Suid-vullisterrein slegs 18% behaal.


AfriForum se streekshoof, Jaco Grobbelaar, sê daadwerklike optrede is nodig om swak afvalbestuur in die Vrystaat aan te spreek.


Ter illustrasie. FOTO: NovaNews
Ter illustrasie. FOTO: NovaNews

 
 
 

Comments


bottom of page