Slegte nuus vir braai-liefhebbers
- Ilde Roos

- Oct 29
- 1 min read
Die jongste Braai-indeks wys dat pryse vir tradisionele braai-benodighede weer in Oktober gestyg het.
Die gebruiklike braai-indeks het 1,2% maand-tot-maand en 1,6% jaar-tot-jaar toegeneem, hoofsaaklik weens duurder beesvleis, wors en hoender.
Groente soos uie en aartappels het effens verligting gebring, maar vleis bly die grootste drywer van voedselinflasie.
Ekonome sê paniekaankope ná bek-en-klouseer-uitbrekings het bygedra tot die styging, al bly algehele inflasie laer.






Comments