top of page

Slegte nuus vir braailiefhebbers

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Aug 29
  • 1 min read

Vleispryse in Suid-Afrika bly steeds hoog. Volgens die jongste braai-indeks is die tipiese braaimandjie 6,7% duurder as ’n jaar gelede. Dit is ondanks ’n 3% daling maand-tot-maand weens goedkoper groente.

Business Tech berig beesvleis bly die grootste drukpunt, met pryse wat die afgelope jaar byna 29% gestyg het ná die bek-en-klouseer-uitbreking.

Ekonome sê hoewel inflasie later vanjaar kan afkoel, is dit onwaarskynlik dat vleispryse sommer gou gaan daal.

 
 
 

Comments


bottom of page