top of page

Slegte nuus vir dié wat diesel in hul voertuie gooi

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 25, 2025
  • 1 min read

As jou bakkie swaar is op diesel, gaan jy in Augustus ook 'n swaar gemoed by die vulstasie stilhou.

Netwerk24 berig tensy internasionale brandstofpryse in die komende week val en die rand versterk, lê 'n stewige styging in die dieselprys op Woensdag 6 Augustus voor.

Intussen sal mense met petrolmotors 'n sagte lied in die hart hê as hulle hul tenk laat volmaak. Die laaste dag van die oorsigtyd vir Augustus se brandstofpryse is Donderdag 31 Julie.

 
 
 

Comments


bottom of page