Sleutelgetuie in Joshlin Smith-verhoor as meesterbrein beskuldig

Mar 26, 2025
1 min read
Die prokureur wat een van die beskuldigdes in die Joshlin Smith-ontvoering- en mensehandelverhoor verteenwoordig het die staat se sleutelgetuie daarvan beskuldig dat sy die meesterbrein agter die sesjarige se verdwyning is. Die beskuldigde Kelly Smith se prokureur, Rinesh Sivnarain, het Lourentia Lombaard Woensdag tydens die verhoor in die Wes-Kaapse hooggeregshof in Saldanhabaai gekruisondervra. Sivnarain sê Lombaard was die laaste persoon wat saam met Johslin gesien is die dag toe sy vermis geraak het. Lombaard was die vierde beskuldigde in die saak voordat sy staatsgetuie geword het en teen Kelly, Jacquen Appollis en Stevano van Rhyn getuig het.








Comments