top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Slim-ID's en paspoorte kan binnekort by jou deur afgelewer word

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jul 23
  • 1 min read

Suid-Afrikaners sal binnekort hul Slim-ID-kaarte en paspoorte by hul huise kan laat aflewer.


Minister van Binnelandse Sake Leon Schreiber sê dit vorm deel van die departement se digitale transformasieprogram.


Hy sê toegang tot Slim-ID-dienste het reeds aansienlik uitgebrei, met nog 327 banktakke wat die afgelope vier en 'n half maande by die diens aangesluit het.


Volgens Schreiber is die doel om Binnelandse Sake se dienste makliker toeganklik te maak, veral vir mense wat in landelike gebiede woon.


Leon Schreiber. FOTO: Polity
Leon Schreiber. FOTO: Polity

 
 
 

Comments


bottom of page