Sluipmoordenaars gaan lank agter tralies sit
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Apr 2
- 1 min read
Twee sluipmoordenaars gaan jare lank agter tralies deurbring ná ’n roof en moord in Kanana.
Volgens polisie het drie mans in 2021 ’n vrou in ’n supermark doodgeskiet en van die toneel gevlug met haar handsak en items uit die winkel.
Speurders het die verdagtes later opgespoor en vasgestel dat hulle gehuurde Basotho-sluipmoordenaars is.
’n Polisiewoordvoerder, konstabel Thuto Bobelo, sê twee van die mans is in 2023 in hegtenis geneem.
Een van die verdagtes sal lewenslank tronkstraf uitdien, met nog 54 jaar bykomend, terwyl die ander 39 jaar tronkstraf opgelê is vir verskeie aanklagte.








Comments