Smaakmakers moet hul inkomste verklaar
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 8
- 1 min read
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SARS) het sosiale media-smaakmakers aangespoor om al hul inkomste vir belastingnakoming te verklaar, en sê hulle ondersoek onverklaarde inkomste wat deur aanlyn inhoud verdien word. SABC News berig volgens ‘n SARS-woordvoerder sal smaakmakers belas word volgens die inkomste wat gegenereer word. Hulle voeg by volgens die Inkomstebelastingwet van 1962 moet enigiemand wat 'n inkomste verdien, op daardie inkomste belas word. In die geval van smaakmakers, net soos vryskutwerkers, verdien hulle inkomste op verskillende tye en verskillende vlakke, maar hoe dit ook al sy, wanneer hulle alles oor 'n jaar versoen, vorm dit 'n inkomste, en hulle moet dan belas word op grond van die inkomste wat gegenereer is.





Comments