Snapper is weer tuis by haar eienaar
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jan 23
- 1 min read
Na Adam Letchuti vroeër die maand meer as 10km met sy siek hond, Snapper, na die Cluny Animal Trust in Fouriesburg gestap het – is sy ontslaan en weer tuis.
Luidens ‘n plasing op die trust se sosiale media is die 7 maande oue Duitse-herdershond-kruising nog bietjie wankelrig en moet sy nog gewig optel.
Sy was baie siek en is met galweg- en ander komplikasies in die kliniek opgeneem.
Die trust se plasing sê verder hulle het oor die jare wonderlike eienaars gesien, maar Vrystater Adam het hulle asem weggeslaan met sy liefde en toewyding vir Snapper.
Hy het selfs met ‘n blikkie kos opgedaag – net vir ingeval die kliniek dit nodig sou he.







Comments