top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Sneeu word vir die suidelike Vrystaat voorspel

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jul 28
  • 1 min read

Boere in die suidelike Vrystaat word aangeraai om voorsorg te tref aangesien sneeu die week oor hoogliggende gebiede verwag word.


SANews berig die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê baie koue en nat toestande word van Dinsdag tot Woensdag voorspel, veral langs die Lesotho-grens.


Sneeu word ook oor dele van die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal verwag.


Die Weerdiens waarsku dat die koue weer 'n negatiewe uitwerking op vee en landboubedrywighede kan hê.


Ná die kouefront word droër en mooier weerstoestande van Donderdag af tot in die naweek oor die grootste deel van die land voorspel.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page