top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

SOKKER: Afrika groot kanonne veg vir plek by 2026 Wêreldbeker-kwalifiserings rondes

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Mar 19, 2025
1 min read

Afrika se pad na die 2026 FIFA Wêreldbeker-sokkertoernooi hervat Woensdag met die swaargewigspanne wat gretig is om hul posisies in die groepfase te versterk. Kameroen wat poog om hul voorsprong in Groep D uit te brei sal Eswatini in Nelspruit die stryd aansê terwyl Mosambiek wat droom van ’n eerste Wêreldbeker verskyning Uganda Donderdag in Kaïro sal pak met die afrigter Chiquinho Conde wat geloof en toewyding as die sleutel tot sukses beklemtoon het. Nigerië sal Vrydag probeer om hul veldtog tee die verrassende groep C-leiers Rwanda te laat herleef terwyl Bafana Bafana sal poog om tred te hou wanneer hulle Lesotho in Polokwane ontmoet.

 
 
 

Comments


bottom of page