SOKKER: Argentynse klub skors ses van sy junior spelers na kiekie saam met hulle held van opposisie span
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 6, 2025
- 1 min read
‘n Argentynse klub het ses van sy junior spelers geskors na hulle 'n foto saam met hul held van die opposisie geneem het. Die ses negejariges wat ingeskryf is by die Newell’s Old Boys-klub se jeugakademie het saam met hul held Ignacio Malcorra van die Rosario Central - klub vir die kamera geglimlag toe hy diè klub besoek het in Maart vroeër vanjaar. Die jongspan het in hul Newell’s truie vir die foto gereed gestaan en word nou deur sommige mense as ‘n daad van ontrouheid teenoor Lionel Messi se kinderjare-klub beskou. Diè klub ontken egter nou die skorsing en sê diè maatreël is bloot geneem om die kinders teen “potensiële teistering” te beskerm. Lionel Scaloni - ‘n afrigter wat saam met Argentinië ‘n wêreldbeker-wenner was - sê as geweld uitgeroei kan word deur slegs fotos te neem kan hierdie "aksies deur die jeug” genoeg motivering vir hulle wees om ook eendag in die wêreld se beste sokkerligas te speel. Carlos Panciroli, koördineerder van Newell’s het later aan die koerant La Capital erken dat hulle moontlik ‘n fout gemaak het deur die seuns te geskors het.






Comments